• Call : Head Office: 011 824 4730 | Baby Centre: 011 824 3282 | Pre-primêre/Pre School: 011 8273420 | Primêre/Primary School: 011 824 4730
16Sep
2014
0

Kinders Wat Byt

Aangesien jong kinders nog nie geleer het om hul emosies en behoeftes effektief te kommunikeer nie, maak hulle hulself soms skuldig daaraan om ander te byt of te knyp, om sodoende die boodskap oor te dra dat hulle nie tevrede is met ‘n spesifieke situasie nie. In die meeste gevalle voel hierdie kinders kwaad, gefrustreerd, geirriteerd of self opgewonde. Hulle het ‘n emosie waaraan NOU uiting gegee moet word!
Hier is ‘n paar redes waarom kinders byt:

  • In die meeste gevalle het ‘n maat iets gedoen waarvan die kind nie hou nie en stuur hy ‘n boodskap deur te byt (of selfs te knyp). Hy kry verseker die maat se aandag!
  • Kinders het struktuur en roetine nodig. Wanneer die omgewing chaoties is, soek hulle ‘n manier om van angs en ongemak ontslae te raak.
  • Oor-stimulasie maak kinders geirriteerd en moeg wat tot onaanvaarbare gedrag kan lei.
  • Wanneer jou kind niks het om homself mee besig te hou nie lei dit tot verveeldheid en dít kan veroorsaak dat jou kind onaanvaarbare gedrag toon.
  • Wanneer ‘n kind spanning ervaar as gevolg van byvoorbeeld, veranderinge in die gesin of trauma, kan dit veroorsaak dat hy sy maats byt om van sy eie frustrasies, woede of hartseer ontslae te raak.
  • Jou kind se dieet speel ook ‘n belangrike rol in sy gedrag. ‘n Kind wat te veel suiker of stystel eet word vinniger geirriteerd.
  • Moegheid of honger maak ‘n kind geirriteerd en is ook genoeg rede dat hy ‘n ander sal seermaak.
  • Daar is ook gevalle waar kinders byt om te manipuleer en die grense te toets.
Visit Us On Facebook